Tanzania (25 Nov – 8 Des 2009)


Tanzanië 25 November – 8 Desember

En so is ons twee ekspedisie lede die 25ste November op ons weg na Oliver Thambo lughawe om ons vlug te vang na Dar Es Salaam.   Die opgewondenheid was groot om weer te reis en nuwe plekke te sien, al is dit nou derde wêreld donker Afrika.   ‘n Moderne eeuse “Heart of Darkness” van Joseph Conrad.

Op die lughawe word ons ingewag deur Melanie (die moederhen wat moes seker maak ek en Kobus klim op die vliegtuig) en twee boeties van die venoot van Aquismart genaamd Francois (19) en Theunis (22).   Sommer met die eerste oogopslag het ek gesien ons en die drie gaan nie vriende word nie en Kobus moes hard daarteen stry om nie sy naels te wys nie.  Gelukkig het alles voor die wind gegaan en inboek en doeane was redelik vinnig. Toe sit ons met omtrent 2 ure voor ons aanboord kan gaan.   Nadat die slenter stappie begin vervelig raak het en die besef dat ons niks kan koop nie swaar op ons gerus het, het ons by ‘n restaurant ingegaan om ten minste net water te kry.   Kos was nie eintlik ‘n issue nie want ons sou aandete op die vliegtuig kry.   Ek het na die koeldrank rak toe gestap en 2 500ml water botteltjies gevat.   By die kassiere gekom smile sy vriendelik en sê dit sal R36-00 wees.   Ek het amper my bewussyn verloor (miskien omdat ek so lank terug ook gerook het).   Ewe nonchalant draai ek om en gaan sit die botteltjies gevul met vloeibare goud terug op die rak vir die volgende poephol wat bereid sal wees om soveel vir water te betaal.

Maar die dors het net erger geword en die water in die toilet krane was lou warm en ons wou nie daar water drink nie.   Kobus het in sy sak gekrap en ‘n R20-00 gekry en gevra of ek ‘n bier soek.   Met groot waardering het ek sy aanbod van die hand gewys en gevra vir water.   Aangesien ons nou paying customers was kon ons nou in die smoking section ingaan.   Ek kon letterlik elke sentimeter van my longe hoor sing Ave Maria toe ek die eerste van drie sigarette aansteek.   ‘n Men sweet nooit wanneer jy weer die kans sal kry om te rook nie.  

Die opgewindenheid wat aangevuur is deur adrenalien het begin afneem en ons het al hoe stiller geraak.   Teen die tyd wat ons aanboord moes gaan was ons doodmoeg en amper gereed om te slaap.   Ons was in aparte rye gesit maar gelukkig het die seats langs Kobus oop gebly en net voor die safety belt tekens met ‘n klingel afgaan, het ek my plek by hom ingeneem.   Toe begin die gesels en gespot weer oor ons benarde finansiële toestand.   Ons was seker die enigste twee mense waarvan jy sal hoor wat met R4-00 gesamentlik oorsee gaan.   Die wete dat ons nie geld gaan hê om water daar te koop nie het die twee boere se breins aan die gang gehou en toe die koffie moffie omkom vra ons elkeen 2 botteltjies wyn en twee botteltjies water.   Een wynbotteltjie moes sy lewe opoffer en die res het hulle plek in ‘n duty free shopping bag gevind.    

 

Groot was die skok toe ons na 7 by Dar Es Salaam Internasionale lughawe land.   Daar is nie ‘n lugverkoeler van ‘n dag nie en die humuditeit droog jou vel uit en maak jou naar voel.   Sweet hardloop soos riviere in vloed by jou slape af en jou hemp is papnat.   Toe is dit hardloop vir visas en Kobus skree net vat die kaartjies en skryf terwyl jy loop.   Dit was ‘n mission impossible vir my want ek het so gesweet dat my kaartjie wat ek my besonderhede moet invul was naderhand vol kolle.   Ek kon nie deur my oë die fyn skrif sien nie.   Maar met ‘n gesukkel het dit ons seker nie eens ‘n halfuur gevat in die proses nie.   Toe word ons na buit gelei om te wag vir die Barrick bussie wat ons na die Seacliff Apartments toe sal vat.   Hier, na drie en ‘n half ure kon ek darem weer ‘n sigaret rook.   Dit was opvallend dat die ander driekies ons nogsteeds vermy en op hul eie rondstaan.   Skielik na ‘n halfuur se wag in drukkende hitte kom ‘n man met ‘n Barrick hemp en ‘n naamlys. 

Suid Afrikaanse armoede met 5 ster akkommodasie vir die gelukkige blankes.

Dit was ons lift.   Sonder enige meegevoel word die tasse agter in die bussie ingebliksem en hardloop almal vir ‘n venster seat.   Dit was donker maar het gevoel soos 12 uur die middag by ons op ‘n hittegolf dag.   Ons is egter aangesê om die vensters toe te maak vir die airconditioning en met ‘n gespin het my eerste reis in ‘n derderangse taxi in donker afrika begin.  

Die snaakste van die ry na die hotel is dat op die hele roete kon ek nie een verkeersteken sien nie.   Hierdie stad funksioneer sonder robotte, stoptekens en toegee tekens!   Die taxi bestuurder was baie bedrewe en alhoewel hy gery het of hy op acid is he tons ‘n uur later voor die hotel gestaan.  

Binne sekondes is ons ingeboek en was elkeen op pad na sy suite.   Die reeling is gemaak dat almal 21H00 by die restaurant sal bymekaar kom vir aandete.   Ek was te moeg vir ‘n vinnige shower en het net op die bed onder die aircon gaan lê.  

 

Die restaurant was maar mediocre en niks om oor huis toe te skryf nie en so was hulle diens ook.   Nada tons ‘n uur gewag het vir ons kosbestelling het ek en Kobus besluit om ons te verskoon en in ons kamers te gaan eet.   Onthou, ons moet 4 uur weer opstaan om te vlieg na die myn.   My pizza het gekom en vir ‘n drie ster hotel was dit maar bra pateties smaakloos.   Maar honger het dit lekker gemaak.  

Op die kop vieruur skrik ek wakker met “One night in Bangkok” mp3 alarm en steek ‘n sigaret aan om net wakker te word.   Na ‘n lekker stort en inpak van vuil klere is ek af na ontvangs om uit te boek.   Elke keer as jy die gemak van airconditioning verlaat voel jy hoe die hitte jou drain, selfs 4 uur 5 uur die oggend.   Dit is unreal.   Net daar besluit ek dat ek nie weer sal kla as ek warm kry in Suid Afrika nie want mens kan dit nie eens vergelyk met Dar Es Salaam nie.   Dis soos Durban of Margate maal 10 op die humuditeit skaal.  Die selfde drywer as gisteraand tick weer ons name van die lys af en met ‘n geskree van bande trek ons weg terug lughawe toe om ‘n charter Dash8 te vang.   

Mwasa, die grootste ‘stad’ voor die myn.   Die water wat jy sien op die horizon is Lake Victoria. 

En hier is die huisies waarin ons gebly het.   Drie kamers, 2 badkamers, sit eetkamer en ‘n toegeruste kombuis waarmee jy niks kan doen want nerens kan jy groceries koop nie

Lewer kommentaar