CONFUSED

Ek sit in ‘n penarie.   My eie onsekerheid kniehalter my.

Vir hoe lank al voel ek verkriklik eensaam, maar elke keer as ek iemand ontmoet op die internet of op ‘n chatroom en dit loop uit op ‘n ontmoeting trek ek terug.   WAAROM?   Ek kan dit nie verstaan nie.   Dit is asof ek myself straf.

Elke Vrydag sien ek uit na ‘n lekker gin en tonic kuier aand maar as dit kom om mense oor te nooi dan doen ek niks.   Dan lê ek en tv kyk en wens ek het mense gebel.

Is dit dat ek so lank single was dat ek gewoond geraak het aan alleen wees?   Ek glo nie, want dan sal ek nie daarna uitgesien het om te kuier nie.   HELP!!!!!!

VERLANG NA X

Buite is dit nie so koud soos hulle voorspel het nie maar nogsteeds is dit te koel om op die balkon te sit.  

Ek is die afgelope paar dae deur ‘n baie moeilike tyd en my emosies speel woer woer met my.   Dan is ek normaal maar dan dievolgende oomblik is ek so diep af in die put dat ek nie die lig kan sien nie.   Dit is regtig nie lekker om so op en af te wees nie en ek vind dat ek nie lus het vir mense om my nie.   Bewustelik isoleer ek myself van mense en dan is ek kwaad vir myself as ek alleen voel.

Om alles te kroon verlang ek na hierdie een ou wat ek leer ken het net na die opbreek van my verhouding en alhoewel hy sê dat hy en iemand nou al nege maande saam is, kry ek myself dat ek hom sms dat ek hom mis.   Die stryd van die jag na die unattainable.   Net om die rekord ook reg te stel, hy is die een wat my eerste ge sms het.

my battery is pap

Vanoggend gaan my wekker ‘n halfuur voor ek moet begin werk eers af en met die spoed van wil lig is ek deur ‘n canary dip.    Toe ek die sleutel wil draai is daar niks.   Die battery is afgeloop.    My moed sak sommer in my skoene en ek weet ek gaan nie betyds wees.   Aan die einde sms ek toe maar my bevelvoerder en sê ek het kar probleme en kan nie inkom nie.  

Dit is so half vir my ‘n slegte voorteken alhoewel ek weet ek moet nie so daaraan dink nie.  

Verder gaan dit bietjie broekskeur finansieel en emosioneel is ek af af af.   Ek het nou al alles probeer op die internet en nogsteeds kry ek nie ‘n date op die internet nie.    Miskien is ek net gedoem om alleen te wees?

SINGLE BY CHOICE

Ok, dit is official………

EK GEE OP!!!!!!!!

Ek gaan nou nie eens meer probeer om iemand te ontmoet nie.   Om die een of ander rede is ek meer repulsive as ‘n bol honde dinges en obviously is daar nie iemand daarbuite vir my nie.   En moet nie vir my probeer anders wysmaak nie want ek is al meer as ‘n jaar single.

Al wat vir my snaaks is, is dat die klubs op ‘n Saterdag vol mense is maar elke ander dag van die week sien jy hul nerens.   Facebook is ‘n dud, Gaydar is useless tensy jy wil seks op die sypaadjie hê sonder om die ou se naam te ken.

SINGLE SUCKS

Kan jy glo dat een van die loosers in die dating pool die audacity het om vir my te sê ek weet nie wat ek soek nie!   Wil ek alleen wees of wil ek saam iemand wees?

Wel my vriend, obviously is jy nie die een saam met wie ek wil wees nie!!!!!!

Om single te wees het sy voordele:

1)ek is koning van die remote and kan Fine Living Network kyk tot ek kots van badkamer en sitkamer renovations

2)ek kan vir my oats maak vir aandete as ek te lui is om iets te doen

3)ek kan myself bevredig wanneer ek lus het, sonder om te worry of dit goed is vir die ander persoon.

JA, EK IS KONING OOR MY HUIS

Maar ja, ek soek iemand.   Ek soek ‘n ordentlike ou wat ‘n werk het, nie te erg mentally disturbed is nie en natuurlik vir my lief is.

Is daar iemand beskikbaar?

HOTTIE OF THE DAY

SKREE BAFANA? EK DINK NIE SO NIE!