EUGENE MOORD:skrik wakker!


Vir lank al loop ek met hierdie voorgevoel in my dat iets gaan skeefloop in ons land!   Ons stuur op ‘n oorlog af en niemand besef dit nie.

In die laat 80’s het die oorlede Konserwatiewe Party leier Andries Treurnight gesê dat ons wittes soos paddas in ‘n kastrol is.   Die plaat word so geleidelik warmer gedraai dat ons nie agterkom dat ons besig is om te koop nie en dat die besef dat ons voor ons afsterwe staan te laat kom.

Dit het soos ‘n simpel storie vir my as kind geklink maar nou klink dit soos profetiese woorde.   Ons gee (ja letterlik gee) ons land weg, ons word om elke hoek en draai verneder en afgebreek deur stelsels soos ‘affirmative action’ ens.   Hierdie stelsel is niks anders as die grondwetlike ondersteuning van ‘slegs blankes’ bordies van ouds nie.   En ons aanvaar dit maar.

Deur die jare verval ons land en ook ons mentaliteit en klim ons maar saam op die soustrein of gryp die koek krummels wat van die tafel afval.   Toe kom mense soos Malema en hy sing ‘kill the boer!’   En nogsteeds sit ons en kruip weg agter ‘n regstelsel wat deur die ANC bewind aangstel word en natuurlik hulle agende druk.

Nou vandag lees ek dat Eugene Terablanche vermoor is op sy plaas en my kop drentel in alle donker plekke.   Hy was miskien nie ‘n engel nie, maar hy het moed en durf gehad!   Hy het gepraat vir sy mense……ons, maar ons wou nie hoor nie want hy was te ver regs.

Rus in vrede Eugene en help ons wat hier agterbly en nie die moet het nie.   Doen voorspraak vir ons.

En vir al my landsgenote…..

WORD WAKKER!!!!!! JULLE IS RUGGRAATLOOS EN SKUIL AGTER TRALIEHEKKE TERWYL DIE VYAND DEUR DIE DAK KOM.

7 responses to “EUGENE MOORD:skrik wakker!

  1. Hierdie vyand waarvan jy praat. Spesifiseer net wie dit is, dat daar nou nie onregverdige blaam op onskuldiges geplaas word nie.

    Ons is almal teen korrupte politieke leiers, maar hierdie sprake van ‘n rasse oorlog maak my bang en skielik bewus van die onkundige / gullible skaapmassas (wit EN swart).

    Ek neem geen verantwoordelikheid vir wat ‘n ander ou doen, net omdat hy dieselfde velkleur as ek het nie en so mag die algemene swart man nie blameer word vir wat onverwante misdadigers en ‘n swart regering doen nie!

    • Komaan Kaneelsuiker, hou op om soos jou naam se alles te probeer sugarcoat. Jy en ek weet wie is die vyand waarvan ek praat! Ons is soos skape na ‘n slagplaas en volg maar net blindelings die stroom sonder om in te sien wat daar voor gebeur. Jou opinie vind weerklank in die woorde van mense in die laat 80’s toe hulle geglo het ‘almal’ is nie so nie. Maar wat ek geskryf het bly my opinie en ek forseer jou nie om my visie te deel nie.

  2. Ruggraatloos?? Hmmm…wat wil jy he moet ons doen? Die wapen opneem en links en regs begin swartes skiet? 😉

    Daar is min wit mense in SA wat NIE bekommerd is nie.

  3. Nee vlam want dan is ons niks beter as die krimenele nie. Maar, as jy in ‘n hoek geverf word moet jy kies om daar te vergaan of om jou voete vuil te maak en ‘n paar groot spronge te vat. Die hoeveelheid mense maak nie saak nie, die kundigheid wel. Ek is van die opinie dat jy ‘n nasie net tot op ‘n sekere punt kan druk, en as hul niks doen nie, dan verdien hulle uitwissing. It is a dog eats dog world baby.

  4. Wat ons moet doen (en ek weet dit klink maklik en selfs vals vir iemand in die buiteland om so te sê), is om kop te hou, en te hou by wat Jan Brand gesê het: “alles sal regkom as elkeen sy plig doen.”
    Ons plig nou, meen ek, is om hande te vat met al die gewone Suid-Afrikaners en immigrante van alle rasse en groepe wat net in vrede wil leef, om toe te sien dat hierdie ANC regering tot ‘n einde kom baie vinniger as wat hulle ooit gedink het.
    Die pessimis in my dink dit kan 12 jaar neem, maar die optimis dink miskien 6.

  5. Ongelukkig gaan meer mense ontnugter word, aangesien ons ‘n ruggraatlose leier het, want nie sy honde in hulle bekke kan ruk nie.

    Toe Hani vermoor is, het Mandela die land gemaan om nie moord met moord te vergeld nie.

    Vandag kyk die land na Zuma, en hy maan die witmense om nie die reg in eie hande te neem nie. Dis dit.

    Utopia se waterpoele is vol paddaslyk, ons het dit nog net altyd doelbewus misgekyk.

    ET was geen leier van my nie. Maar geen mens verdien om so om die lewe gebring te word nie.

    Wanneer sot malema sy lied se woorde tot aksie kan bring, gaan niemand vra of jy ‘n liberale of regse BOER is nie, jy is wit, en jy gaan moet boet vir jou velkleur.

    Raak rustig en bid. Ons kan niks anders doen nie.

  6. Ek het groot geword in die tyd van AWB en my hele lewenswyse bou ek om dit. Op die ouderdom van 5 het ek vir die eerste keer Oom Eugene ontmoed. Dit is n dag wat ek nooit sal vergeet nie. Ek hoop van harte dat ons as BOERVOLK kan saam staan en iets doen omtrent die gru moord op oom Eugene.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s