die nie so TOPTV


Met groot afwagting en opgewondenheid skaf ek vir my TOPTV aan en vir R499 is dit ‘n bargain om die dish, dekodeerder en instellasie te kry.   Dit word ook sommer die eerste dag geinstalleer.

Hier volg egter die nadraai van gebeure.

DAG 1: Geen sein. Die installeerder sal uitkom.   Betaal solank die subskripsie.

DAG2: Geen sein. Na die dish gedraai is.

DAG3: Die Dish word weer gedraai en die keer met ‘n kompas om seker te maak dit is die regte rigting.   Bel call centre en hou aan vir maklik een en ‘n halwe uur.   Die installeerder kom saag boomtakke af wat in die pad is.

DAG4: Die sein word weer gestuur. NIKS.   Bel weer call centre. Wag weer vir ure.  

DAG5: Daar is ‘n sein, maar kan niks kyk.   Die kaart en dekodeerder is nie gepair nie.   Call centre weet nie wat om te doen nie.   Sal verwys na ‘tegniese afdeling’ en hulle sal my terugbel.

DIE LES WAT EK GELEER HET??????

NEVER BUY SOUTH AFRICAN

Ek moet meld dat die arme Lebo probeer het om met haar min kennis my te help, maar mens kan net soveel keer ‘n ding aan en afsit teen die muur voordat jy weet dit is nie die probleem nie. 

Ek kan verstaan dat hulle baie oproepe moet hanteer, maar vrek, kry mense wat weet wat hulle doen.   Ek het al my gratis minute op my foon al opgebruik en hoeveel emails al gestuur maar nogsteeds kan ek nie tv kyk nie.

Dit is frustrerend en ek is so geirriteerd dat ek wil skree. 

Sal ek TOPTV aanbeveel?

Tot op hede is my antwoord nee!   Vir die programme kan ek nog nie kommentaar lewer nie, maar op diens is dit ‘n definitiewe nee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s