Blankes: Nieu Neandertal


Maandag, 10 Mei 2010 09:36 Anton Barnard

Die heersende wetenskaplike teorie lui dat die mens sy oorspronge in Afrika gehad het, en tussen 60000 en 100000 jaar uit Afrika migreer het om later die ganse aarde te koloniseer. Wetenskaplikes is eweneens lief daarvoor om ons daarop te wys dat 99% van alle mense se DNS dieselfde is, en dat slegs 1% van ons gene die verskille tussen ons bepaal, oa hoe ons lyk. Daai een persent bepaal haartekstuur, beendigtheid, velkleur, neusvorm, neiging om geweldsmisdaad te pleeg ensovoorts. Ook is dit so dat sjimpansees, ons naaste familie in die diereryk, sowat 96% van hulle DNS met ons deel. Niemand stry dat ons en sjimpansees totaal en al verskillende spesies is nie. Daai 4% verskil is dus totaal deurslaggewend om Robert Mugabe van ‘n sjimpansee te onderskei. (Was lg so ‘n goeie voorbeeld, wonder ek toe ek dit klaar geskryf het?)
Benewens die oermense wat uit Afrika migreer het, was daar ook ander, onsuksesvolle menslike spesies. Een van hulle was die Neandertalmense, inwoners van Europa en die Midde-Ooste. Luidens die heersende wetenskaplike ortodoksie, het Homo Sapiens en Neandertalman nie ondertrou nie of met mekaar geteel nie. Neandertals, het die wetenskaplikes tot baie onlangs toe gemeen, het uitgesterf.
Oor die naweek het daar egter ‘n verstommende berig verskyn. Europese blankes en Asiate het tog skynbaar sowat 4% Neandertal-DNS. Daar was ‘n gekuier oor die spesielyn in Europa of die Midde-Ooste sedert 60000 jaar gelede. En, hier is die waarlik verstommende ding: Suider en Wes-Afrikane – die Bantoe-mense, die Zoeloes en Xhosas, het nie daardie Neandertalgene nie. Diegene wat in Afrika agtergebly het, het nie met die Neandertals partytjie gehou nie.

Dis dus nie meer ‘n geval van die verskil tussen swart perde en vosperde nie, maar die verskil tussen donkies en perde waarvan ons hier praat. Rassisme kan amper per definisie nie bestaan nie, behalwe as dit gaan oor Kaapse blankes wat teen Transvaalse blankes wil diskrimineer, soos hulle alte graag maak. As jy akkuraat wil wees, soos wanneer Jimmy Manyi met sy swart vooroordele teenoor blankes optree, moet jy van spesie-isme praat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s