DIE BOEK VAN ENOG (VERVOLG)


[Hoofstuk 17]

Die engele het my geneem na ‘n plek waar ek wesens gesien het wat gloeie soos die lig van vlamme.   Hierdie wesens kon op hule besluitdie menslike vorm aan neem.    En hulle het my geneem na ‘n plek van donkerte waar die bergspitse tot in die hemel reik en van daar was die kosmos voor my uitgelê

 [Hoofstuk 18]

Ek is die oorsprong van die vier winde gewys en ook die hoeksteun van die aarde.   Hierdie winde wat waai dra die wolke en is die skeiding tussen die hemel en die aarde, die pad van die engele.   Die horizon was voor my waar die aarde geeindig het en die hemel begin.   En ek is gebring na ‘n plek wat dag en nag verlig is, waar daar 7 berge van ongelooflike edelstene is, 3 in die ooste, en drie in die suide.   Die berge van die ooste was ‘n gekleurde rots, een van pêrel, een van jacinth; die berge in die suide was van ‘n rooi steen.   Maar die middelste een het gereik tot in die hemel soos die troon van God van alabaster en die spits was van saffier.    Aan die ander kant van hierdie berge was niks, die einde van die aarde.    En ek het ‘n diep skeur in die aarde gesien met kolomme van hemelse vuur en aan die ander kant van die skeur het ek ‘n plek gesien wat nie vas was aan die hemel of die aarde nie.   Daar was geen voëls, water, niks, dit was ‘n aaklige plek.   Daar aanskou ek ook 7 sterre soos brandende berge en toe ek die engele daarom uitvra, antwoord hulle: ‘Hierdie is die einde van die hemel en die aarde: hierdie is ‘n sort van tronk vir die sterre.   Die sterre wat oor die vuur rol wat jy gesien het is hulle wat oortree het teen God omdat hul nie uitgekom het soos Hy gesê het nie.   Hy is gegrief teenoor hulle en het hul gebind vir 10 000 jaar.’

[Hoofstuk 19]

En Uriel sê vir my: ‘Hierdie is die rusplek van die engele wat met die mensdom omgang gehad het, hulle wat die mens in die verderf in gelei het.    Hier sal hulle bly tot die oordeelsdag en die vroue wat hulle gevat het se siele sal uitbasuin soos sirens.’ Ek Enog is gekies om hierdie visioen te hê, en niemand na my sal dit weer sien nie.

[Hoofstuk 20]

Hier is die name van die engele wat as opsigters oor die mens aangewys is.  Uriel, een van die heilige engele is oor die aarde en Tartarus.   Raphael, een van die heilige engele, sien om na die siel van die mens.   Raguel, een van die heilige engele is die een wat wraak nee moor die wêreld en die kosmos.   Michael, een van die heilige engele, sien op na die beste vir die mens en het beheer oor chaos.    Saraqael, een van die heilige engele, het beheer oor die geestelike en die wat oortree op geestelike vlak.   Gabriel, een van die heilige engele, het die sleutels tot die paradys en die bose en die Cherubim.   Remiel, een van die heilige engele is aangestel oor die wederopstanding.

[Hoofstuk 21]

Ek is geneem na ‘n plek waar alles chaoties was, daar was nie ‘n hemel of ‘n aarde nie, dit was aaklig.   Daar was sewe sterre van die hemel gebind.   ‘Vir watter sonde is hulle gebind en na hierdie plek gebring?’ het ek gevra.   Uriel het my geantwoord: ‘Enog hoekom vra jy, en waarom is jy so gretig om alles te weet?    Hierdie is die sterre van die hemel wat die oortree het teen God en hier gebind is vir 10 000 jaar.’    Van daar is ek geneem na ‘n plek wat nog aakliger was en weer was daar ‘n abis met vlamme so ver soos die oog kan sien.   Ek sê toe vir die wat by my was: ‘Wat ‘n skrikwekkende aaklige plek om na te kyk!’    Uriel antwoord my: ‘Waarom is jy bang Enog?’ En ek antwoord hom: ‘Want hierdie is ‘n skrikwekkende plek gevul met die spektakel van pyn.’ En hy antwoord my: ‘Hierdie is die tronk vir engele waar hul opgesluit word vir ewig.’

[Hoofstuk 22]

Ek is toe geneem na ‘n ander berg en op die spits was daar vier opening, diep en baie glad.    Alhoewel die opninge glad was, was hulle donker.    Raphael, een van die heilige engele het na my gedraai en gesê: ‘In hierdie opening vergader die siele van die afgestorwenes.    Hier sal hulle bly tot die oordeelsdag.’    Ek het bewus geword van ‘n siel wat uitroep en vra vir Raphael, die engel wat by my was: ‘Wie is dit was so uitroep na die hemel?’    En Rahael antwoord my: ‘Dit is die siel van Abel wat deur sy broer Kain doodgemaak is.   Hy roep uit na die hemel totdat die laaste nasate van Kain vernietig is.’    Ek wonder toe hoekom is daar vier opening en nie een nie en vra: ‘Waarom is daar ‘n skeiding tussen die opening?’    ‘Hierdie drie is gemaak sodat die siele van die afgestorwenes geskei word, die wat godsvresend gelewe het (vir wie daar ‘n helde bron van water is) en die vir die goddeloses wat wag vir hul oordeel en dit nie tydens hul  leeftyd gekry het nie.    Hier is ook ‘n opning vir die wat tenagekom is of dood is voor hul hul saak met God kon regstel. Hier sal hulle siele wag tot die oordeelsdag wanneer hulle hulle saak voor God kan stel.’   En ek antwoord: ‘Geseend is die Here God, die regverdige wat vir altyd regeer.’

[Hoofstuk 23]

Van daar is ek geneem na ‘n plek aan die wes einde van die aarde.    Ek het ‘n brandende vuur gesien en en Raguel, een van die heilige engele het my meegedeel dat dit die vuur is waar die sterreliggame in die hemel vervolg word.

[Hoofstuk 24]

Van hier het hy my geneem na ‘n bergreeks wat so helder was dat selfs die naglig dit nie kon bedek nie.   En ek het oor die bergreeks gegaan en sewe berge het voor my gelê, gemaak van die mees ongelooflike mooiste stene: drie aan die ooste, die een agter die ander, en drie aan die suide, die een agter die ander.   En tussen die berge was valleie.   Die sewende berg was in die middel en was hoêer as al die ander en het gelyk soos die plek waar ‘n troon kan op staan.   En daar het verskillende bome gegroei, een wat ek nog nie geruik het nie en wie se reuk was soos niks wat ek nog vroeêr geruik het nie.    Die blare en hout verouder ook nie.   Die vrugte was aanloklik en het gelyk soos dadels.   ‘Wat ‘n pragtige boom is dit, geurig en wie se loof en bloeisels so mooi is,’ het ek gesê.   Toe antwoord Michael, een van die heilige engele, en wie hul leier was my.

[Hoofstuk 25]

‘Enog waarom is die reuk van die boom so treffend vir jou en waarom wil jy die waarheid weet?’ Ek antwoord hom toe: ‘Ek wil alles weet, en so ook van hierdie boom.’    Michael antwoord my toe en sê: ‘Hierdie berg wat se spits soos die troon van God is, is sy troon, waar die Heilige God, die ewige Koning sal sit wanneer hy neerdaal na die aarde in goedheid.   En wat die boom betref, geen lewende wese mag daaraan raak tot die oordeelsdag nie,   Hierdie vrugte is vir die heilige uitverkorenes en na die oordeelsdag sal dit verplant word na die temple van die Heilige God.

Dan sal hulle verheug en bly wees,
En die heilige plek sal hul binnegaan;
die reuk van die boom sal hul deurdrenk tot in die been,
en hulle sal ‘n lang lewe op aarde lei,
soos hul vaders gedoen het:

En hulle sal nie hartseer of plae ken nie.   Ook nie terugslae of struikelblokke nie.’

Hierdie dinge sal ek die Almagtige God aan my kinders gee soos ek hulle belowe het.

[Hoofstuk 26]

En ek het gegaan na die middel van die aarde en daar ‘n wonderlike plek aanskou waar boomtakke swaar hang van vrugte.   Daar het ek ‘n heilige berg gesien en onder vanuit die berg het ‘n stroom suidwaarts gevloei.    In die ooste was ‘n berg, hoëer as die een en tussen hom en die ander berg was ‘n smal kloof.    By hierdie berg het daar ook ‘n stroom onder uit gevloei.   Aan die weste was ‘n berg wat kleiner was as die een in die ooste en ook nie so hoog.   Tussen die twee laasgenoemde was ‘n droë kloof.   In geen van die klowe was daar bome geplant nie en ek het my verkyk na die rotswande.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s