BRIEFIE IN MY BRA


Dit is 10H00 Maandag oggend en ek jaag met my baas se amptelike kar op die snelweg na Johannesburg in my hoop om Advokaat Barbie se ‘mental breakdown’ in die hof te aanskou!   Ek het so ‘n reeling met meneer dat ek die kar in die middae huis toe kan vat solank ek die teagirls en klerke langs die pad optel.   Shame die arme vrou, Advokaat Barbie, nie die teagirl nie,  het ‘n onmenslike straf vir ‘n wit vrou in ‘n swart land gekry vir haar aandeel in die kinder porn en seks bedryf.   ‘n Mens is ook nie aldag so seker of die spyt opreg is . . . of omdat sy gevang is nie!   Anyway, ek verneem van my buurvrou dat sy onder huis arres geplaas is en dat sy net haar huis in die dag mag verlaat, o ja en Saterdae en Sondae.   My hel, sê nou het Woolies het ‘n aand sale!   Toe ek op skool was he tons na so ‘n straf verwys as ‘n curfew!   Maar ai, ek sal ook crack as ek nie in die Fashion Café in Sandton kan uithang in die aand nie!

 Skielik word my aandag afgetrek deur die piep piep van die nuwe GPS waarskuwing toestel wat my waarsku dat daar ‘n spoekamera naby is.   Sjoe gelukkig, anders was daar nog ‘n boete wat ons moes squash.   Ja jy het reg gehoor, dit is nou wettig om hierdie toestelle in jou kar te hê en volgens metro polisie se  chief buikspreker Supt. Minnaar waardeer hulle enige hulp wat hulle kan kry om mense se bestuur gewoontes te verander.  

 Op pad om Suzie in Evaton op te laai, draai ek by die bekende straat af waar ek krag basically verniet kry van CDU’s (Card Dispensing Units) wat van ESKOM ‘bekom.’    Die blou ligte waarsku my gelukkig op ‘n afstand dat die lang hand van die gereg voor die plek staan en non-chalant rye k verby na Suzie se huis.   Die volgende oggend sou ek by Suzie dat die vendors ondersoek word vir 78 287 aanklagte van  racketeering wat bykans R9 000 000,00 se pre-paid krag behels.

 Maar net nog ‘n dag in Suid-Afrika.   Moet seker dankie sê dat ek nie gehijack is nie.

 Bye for now. Mwah

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s