SIENERS VAN ONDERGANG


In die sestigerjare het Eben Meiring van Stellenbosch, ‘n taalgeleerde in Middeleeuse Frans, in Parys deur byna 1000 vierreëlverse van Nostradamus geworstel en in 1999 ‘n boekie gepubliseer “Nostradamus en die einde van die millennium” (Nasionale Boekdrukkery: Goodwood). Meiring se studies in die klassieke tale en sy deskundige kennis van Latyn asook sy passie vir antieke Frans, het hom toegerus om ‘n dieptestudie van Nostradamus te maak. Volgens Meiring is Nostradmus se profetiese blik “oorweldigend op die 20e eeu gefokus”. Meiring hanteer letterlik honderde aspekte van Nostradamus se visioene. Gevolglik word net op Suid-Afrika gekonsentreer. Nostradamus verklaar dat wanneer die wêreld sy slotperiode, voor die wederkoms nader, die politieke mag na die swart nasies sal verskuif. Christelikheid sal deur vreemde wette vervang word. In die Land van die Olifant, wat Meiring as SA tipeer, sal ‘n nuwe soort bewind ‘n einde maak aan ou onregte en ongelykhede. ‘n Verleier sit in die tronk, maar sal deur ‘n figuur wat Nostradmus “le clerc” noem, vrygelaat word. Daar sal vrede, eenheid en verandering wees. Range en ampte wat laag was sal hoog wees en die wat hoog was laag word. Die Land van die Olifant kom egter in ‘n gewapende stryd met die Griffioen (half leeu en half arend). Nostradamus se griffioen lyk baie na een van die diere wat Daniël (7:4) uit die see sien kom. Hierdie dier het soos ‘n leeu gelyk, maar met die vlerke van ‘n arend. Dit is wanneer die Land van die Olifant sy gesig in ‘n groot Oos/Wes-oorlog sy gesig weg van die Weste in die rigting van die Ooste draai. Die Griffioen is volgens Meiring een of ander Westerse alliansie (Europa, Brittanje, VSA). Die mitologiese betekenis van die Griffioen is dat hierdie dier die bewaker van goud is. Nostradamus sien ‘n derde wêreldoorlog wat teen die draai van die eeue aanbreek. Dan sal dit bloed, melk, hongersnood en siekte reën. In hierdie oorlog sal die Land van die Olifant in bedwang gebring word. Daar is interessante parallelle tussen Nostradamus en Siener van Rensburg, die Boereprofeet. Siener maak ook van die beeld van vuur gebruik. Siener sien hoe vuur uit die weste ‘n hoop nuttelose mieliestronke uitbrand. Oor die kommunisme profeteer Siener dat ‘n swart wolk uit die ooste oor Europa trek en dat daar ‘n alliansie tussen die rooi beeste (die kommuniste) en Afrika tot stand kom. Ook Siener sien ‘n derde groot oorlog aankom. Siener sien ‘n swart slang (honger en burgeroorlog) in Engeland lê. Vreemde mense in wit Westerse lande staan op teen die wittes. In SA kom donkerte en rewolusie, maar Duitsland geryp in en bring die land onder bedwang. Dit is insiggewend om net op die internet te soek na heldersiendheid, om te weet watter waarde daar nog aan sieners geheg word. Dit natuurlik nie moontlik om die “gawe” van heldersiendheid volgens die tipiese natuurwetenskaplike metode was waar of onwaar te bewys nie. Dit is slegs oor tyd dat die waarde van die visioene van Nostradamus en van Siener beoordeel kan word. Kom ons wag en kyk …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s