ZUMA POLIGAMIE MET BYVOORDELE?


Nóg trouklokkies vir Zuma?

2010-02-02 10:15

Johannesburg – Gerugte doen die ronde dat trouklokkies binnekort gaan lui vir die sokkerbaas Irvin Khoza se dogter en pres. Jacob Zuma.

Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat Sonono Khoza (39) die ma is van Zuma se vier maande oue baba, Thandekile Matina Zuma.

‘n Buurvrou wat haarself as ‘n nabye familievriend van Khoza se vrou, Matina, voorstel, sê die bure het van die staanspoor geweet van Zuma en Sonono verhouding.

“Hulle gaan trou. Hulle is verlief en wat is fout daarmee? Dit is amptelik – hulle gaan trou.”

By navraag het Matina Khoza egter gesê: “Los ons uit”.

In reaksie op dieselfde vraag, het haar dogter gelag en gesê: “Vra die president”.

Times Live

Ek dink persoonlik President Zuma het vasgehak op die Bybelse opdrag na Noag se ark dat hulle moet uitgaan en die wereld bevolk.   Een van die dae is daar soveel Zuma baba’s dat hy sy eie rugbyspan met polities korrekte spelersras kan bou.

Op suiwer ekonomiese vlak is poligamie ook baie voordelig vir ons President!   Dink ‘n bietjie, sê nou maar die staats presidentsvrou kry R150 000-00 per jaar toelaag, en hy trou met 6 vroue en betaal elkeen R50 000-00 ‘n jaar vir die ‘diens’ maak hy elke jaar ‘n addisionele R600 000-00 op sy alreeds astronomiese salaris.   Maar soos ek sê, dit is maar net bespiegelinge van my kant af.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s