80’s MUSIEK


 

iggi pop

wham

 

culture club

Die lewe is  ‘n lied en ek sing “Real Wild Child” van Iggi Pop.   Die van ons wat tieners was in die tagtigs sal dit goed onthou.

Baie keer dink ek met huimwee terug na daardie tyd en verlang na die musiek wat toe treffers was.   Vandag as jy dit in jou kar op die mp3 player aansit, dink almal jy is kens en oor die muur.   Maar niemand kan bo Culture Club, Duran Duran, Wham en soveel ander kom nie.   Ek hou van hedendaagse musiek ook maar regtig, ‘n mens kan net so lank na dieselfde harmonie luister aka Ministry of Sound en vele ander in die genre.

Die ou musiek het ‘n intro gehad, betekenisvolle lirieke (en nie net een sinnetjie wat herhaal word tot vervelens toe nie) en dit het dan ‘n einde bereik.    Nou is dit doef blah blah blah doef doef doef ens tot die volle drie 4 minute verby is.   Enige iemand kan agter ‘n rkenaar gaan sit en net ‘n akoord skryf en hy het ‘n treffer.

Maar soos ek gesê het al hierdie musiek van vandag het sy tyd en plek en dit is gewoonlik in ‘n klub of wanneer jy ‘n hele paar gin en tonics in het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s