HOE REGVERDIG JY ‘N VERNEUKERY?


Vandag wou ‘n vroue kollega by my kom sit en huil omdat die psigiater van die hospitaal waar haar haar man opgeneem is vir PTSD (nie sy eerste keer mind you) hom nnie nog ‘n week langer daar wil hou nie.   Alles goed en wel as haar intensies suiwer was….maar sy het bybedoelings gehad.   Sien, sy chat nou al hoe lank met ‘n ou (8 jaar jonder as sy) wat ook getroud is maar hulle het mekaar al skelm ontmoet en wil weer so maak die week wat k0m.

Ek was seker onsensitief maar ek het vir haar gesê dat sy nie reg maak nie en dat sy dit weet, come clean want jou man verdien dit ten minste.   Sy was nie baie happy nie maar ek het haar vertel dat ek nie kan simpatiseer nie want haar optrede is nie reg nie en dat sy my herrinder aan my eks.   Dit maak soveel seerder as jy eers maande later of jare later hoor hy/sy het al vir hoe lank ‘n verhouding met iemand anders.   Nou bel sy die sielkundige en sê haar man versmoor haar.   Weereens vertel ek haar dat ek ook daar was, ek was ook versmorend.   Die oomblik wanneer jy vermoed iemand verneuk jou pas jy hom/haar op.   Wie het gebel, waarom ens.

Ek het net besluit ek gaan nie ‘n tweegesig wees en maak asof ek haar gedrag goedkeur nie.   Sy weet nou hoe ek voel.

Haar man kan seker agterkom iets is nie reg nie en daarom pas hy haar so op!   ‘n Mens voel dit aan en die belangrikste les wat ek in die lewe geleer het is TRUST YOUR GUT FEELING!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s