DIE VERSOEKING VAN STEVE


Dit was ‘n warm dag in Desember toe Steve weer sy kans waag en by die hek van Eden uitglip.   Sweet druppels het soos pêrels op sy slape geblink in die son terwyl hy baie versigtug na die put toe gesluip het.   Dit was anders hier as in die tuin en die selfs die son het warmer gebak op die gebarste aarde.   Hier was geen gras wat koel onder jou voete meegegee het nie of koel stroompies wat oor klippe gekabbel het nie.   Maar op die oomblik was Steve se gedagtes op ‘n ander plek en het hy bewus geword dat sy hart vinniger begin klop het en dat hy kortasem was.

Hy het nie lank daar gesit nie of dieselfde wese wat hy ‘n ruk terug daar gesien het maak weer haar verskeining agter die rotse.   Eers steek sy vas en begin toe weer stadig aangestap kom.   Hy kon die verbasing en skok op haar gesig sien toe sy die kleipot in die gat laat afsak om water te skep.   Toe die kruik vol is trek sy die weer op en vat ‘n klein skulp en bied vir hom van die water aan om te drink.   Dit is koel en laaf sy dors onmiddellik.   Sy glimlag vriendelik en hy kan voel dat sy vrees besig is om te bedaar.  ‘Ek is Steve en jy?’ vra hy uiteindelik na ‘n lang stilte.   ‘Eva,’ antwoord sy vriendelik en gluur hom aan.   Dit is duidelik dat sy net so verbaas is om ‘n ander tipe mens te sien as wat hy was.

‘Kom saam,’ nooi sy hom en begin omdraai en weer in die rigting van die rotse loop.   Vir ‘n oomblik is Adam in sy gedagtes maar nuuskierigheid kry die oorhand.   Soos asof bedwelmd loop hy agter haar aan.   Die paadjie tussen die rotse maak sy voete seer en hy kan voel hoe die growwe klippe klein snytjies op sy voetsole grou.   Dit is ‘n ver en tom te loop.  

Die kamp waar Eva en ‘n paar ander vroue bly is in die skadu van ‘n oorhang rots.   Daar brand ‘n vuur en ‘n karkas van wat lyk soos ‘n bokkie hang bo die vlamme.   Eers is Steve verskriklik getref deur dit wat hy sien aangesien hy en Adam nog nooit ‘n dier geslag het nie, maar toe raak sy neus bewus van die aroma wat sy maag laat grom van hongerte.   ‘Sit,’ word hy gewys na ‘n matjie naby die vuur.   Dit is warm en hy kan voel hoe sy gesig begin gloei.   ‘Eet en drink hier,’ sê Eva en bied hom ‘n klein klei potjie aan in die een hand terwyl sy ‘n stuk vleis afsny met ‘n skerp klip en vir hom in die ander hand druk.   Die ander vroue hou hulself besig op ‘n afstand en Steve besef dat Eva die leier moet wees aangesien sy eerste keuse van die vleis kry.

Vir wat gevoel het soos ‘n paar sekondes heroorweeg Steve of hy sy mond aan hierdie arme dooie bokkie sal wil sit maar dit ruik baie lekker en na die eerste versigtige, amper naar happie begin hy al hoe meer gretig en gulsig die vleis verorber.   Die vloeistof in die kleipot proe egter nie soos water nie, en hoe meer hy van dit drink hoe meer waaghalsig en los raak sy tong.   Dit is ‘n lekker gevoel en hy kan nie onthou dat hy al ooit so gevoel het nie.   ‘Is die kos na jou wense gewees?’ vra Eva toe sy hom ‘n tweede potjie vloeistof aanbied.   ‘Ja dankie dit was lekker.   En hierdie water is ook lekker,’ antwoord hy vol selfverteroue.   Eva bars uit van die lag en begin die vleis uitdeel vir die ander vroue wat daar eenkant sit.   ‘Dit is eintlik ‘n kaktussap wat ons drink wanneer ons met die gode wil gesels,’ verduidelik sy.   ‘Nou hoeveel gode het julle, ons . . . ek bedoel ek het net een!’   Eva begin vir hom verduidelik dat hulle ‘n god het vir omtrent elke ding, son, wind, kos, water ens.

Die son begin al sak toe die twee loop in die rigting van ‘n fontein waar Eva wil gaan bad.   Dit is daar waar hy haar die eerste keer sonder die dierevel gesien het, en hy moet eerlik wees wanneer hy dink dat dit nie eintlik ‘n mooi gesig is nie.   Die borste wat so groot is en die bekken area wat so drasties anders as syne lyk.   Maar Steve het te veel gehad om te drink en nie lank nie toe bevind hy homself in die water saam Eva.

Sien ook www.nuwebegin.wordpress.com

2 responses to “DIE VERSOEKING VAN STEVE

  1. Uitstekend soos altyd. Wanneer kom die volgende hoofstuk?

  2. Waar is die besoekers vandag?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s