Wimpy bedien water in skoonmaakemmer


Maandag, 18 Januarie 2010 07:06 sapa

E-pos PDF

‘n Oënskynlike tekort aan bekers by ‘n Wimpy-restaurant in Parys, het ‘n kelnerin genoop om water in ‘n emmer aan klante te bedien, waarin daar voorheen skoonmaakmiddels was, het die Sunday Independent berig.

 Dié Sondagkoerant het ‘n epos van ene Alastair Joel ontvang, wat op Nuwejaarsdag saam met ‘n groep vriende die restaurant besoek het.

 “Alles het goed afgeloop, totdat ons vir ‘n beker water gevra het. Ons het driekeer vir water gevra, voordat dit in ‘n plastiek-emmer aan ons bedien was, met plastiekkoppies.

 Joel sê hulle het toe gevra om die bestuurder te spreek.

 Val Bourdos, bestuurder by Wimpy het aan hulle gesê die emmer is skoon, maar het die kelnerin beveel om nie water daarin te bedien nie.

 Die koerant het ‘n foto van die emmer op die restauranttafel geplaas.

 Bourdos het die insident aan die koerant bevestig. Sy het gesê die ongewone gedrag van die kelnerin voldoen nie aan die restaurant se handelstandaarde nie. Die groep ondersteun ook nie die feit dat die kelnerin haar eie inisiatief geneem het om die klante se behoeftes te bevredig met die emmer nie, hoewel dit heeltemal gesteriliseer was.

 Bourdos het gesê die kelnerin het water in verskeie glase aan die groep vriende bedien, maar die water was glo te min, en hulle het versoek dat sy ‘n beker vol water moes bring.

 “Ons het nie waterbekers in die restaurant nie, en dis hoekom die kelnerin ‘n melkbeker gebruik het. Maar dit het nie die klante se nood bevredig nie, omdat dit te klein was.

 Volgens Bourdos het die groep toe gevra vir ‘n groter beker water. Die kelnerin beweer die groep het aan haar gesê hulle is babbelas en moet baie water drink.

 Sy het glo aan hulle gesê dat die restaurant het nie groot bekers nie, maar dat sy sal kyk wat sy kan doen.

 “Die kelnerin het toe voortgegaan om aan ons ‘n emmer vol water en ys te bring. Die bestuurder is na die tafel geroep en sy het die emmer verwyder. Bourdos het aan die groep gesê die kelnerin moes nie die emmer gebruik het nie.”

 Bourdos het gesê dat Wimpy om verskoning vra vir die voorval.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s