TIPIES 3DE WERELD


VN kosvoorrade in Haïti gesteel

 

Genève – Die Verenigde Nasies (VN) se voedselvoorrade in Haïti is beroof, het ‘n amptenaar Vrydag gesê.

“Van die inhoud van die VN se wêreldvoedselprogram (WVP) se stoorkamer, wat voor die aardbewing al gestig is, is gesteel,” het woordvoerder Emilia Casella gesê.

Die WVP glo dat sowat 2 miljoen mense in Haiti voor die aardbewing reeds aan voedseltekorte gely het.

“Die WVP sal aanhou om die voorrade wat beskikbaar is uit te deel. Op hierdie oomblik probeer ons om die kos wat ons het by die mense uit te kry maar dit is net ‘n druppel in die emmer,” het Casella gesê.

Die VN sê daar is nie ‘n tekort aan soek- en reddingswerkers of aan tydelike hospitale nie ten spyte van berigte oor oorvol hospitale in Port-au-Prince.

“Ons het meer as genoeg soek- en reddingswerkers met sowat 40 spanne wat geregistreer het. Tydelike hospitale is ook opgestel en op die oomblik is dit voldoende,” het Elizabeth Byrs, van die VN gesê.

Op die oomblik is ons prioriteit mediese spanne, verpleegsters en dokters van alle soorte,” het Byrs gesê.
 
– Sapa

 

Haïti – Lyke gebruik om paaie af te sper

Port-Au-Prince –  Desperate Haïtiane het die strate in dele van Port-au-Prince met die lyke van slagoffers van die aardbewing wat Dinsdag dié stad geruk het, afgesper om klem te lê op vertraagde hulp en ondersteuning.

“Ons is al vir drie dae en drie nagte hier en niks word gedoen om ons te help nie. Nie eers die president het vir ons ‘n boodskap van bemoediging gestuur nie,” het een slagoffer gesê.

Lyke lê reg oor dié stad versprei en mense moet hul neuse bedek om die reuk uit te blok. Massas mense benodig kos, water en hulp terwyl ander nog deur die puin krap op soek na vriende en familielede.

Volgens Shaul Schwarz, ‘n fotograaf van die tydskrif TIME, het hy minstens twee padblokkades wat met die lyke van slagoffers gevorm is, gesien.

“Hulle begin om die paaie met lyke af te sper. Dinge raak lelik daar en mense is moeg om nie hulp te ontvang nie,” sê hy.

– Reuters

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s