DIE TUIN VAN ADAM


Die tuin van Eden was groot en het gestrek van horison tot horison.   Adam en Steve het net twee opdragte gekry en dit was dat hulle moes toesien dat die plantjies nat is en die diere kos het.   En, die belangrikste van alles, hulle mag nie by die hek uitgaan nie!

 Die een dag nadat hulle die diere gevoer het, het Adam gaan skuins lê in die skadu van ‘n palmboom en diep aan die slaap geraak.   Steve was nuuskierig (soos altyd) en die gedagtes van wat buite die hek is het in sy kop rondgemaal.   Nadat hy ‘n paar keer probeer het om te fokus op die tamatie plantjies wat hy moet natgooi, sit hy die gieter neer en begin in die rigting van die hek loop.   Eers is sy tree stadig en skrikkerig, maar hoe nader hy aan die hek kom hoe groter is die afwagting en hoe vinniger begin hy loop.

 Die hek is swaar en dit voel asof dit van soliede hout gemaak is.   Hy beur en stoot en trap vas en uiteindelik gaan dit oop.   Wat hy buite sien begryp hy nie mooi nie, want hy sien droë velde en ‘n rivier sonder water.   Al wat hy sien is ‘n snaakse klip stapel en ‘n ander mens wat ‘n groot ronde ding daarin laat afsak en dan weer optrek en op die kop sit en daarmee wegloop.   Toe die mens verdwyn oor die rotspaadjie gaan Steve na die klomp klippe toe en loer versigtig daarin.   Dit is ‘n donker gat en iewers ruik hy water.   Oorbluf gaan sit hy en dink aan dit wat hy vandag gesien het.   Na ‘n wyle besef hy dat hy oortree en hardloop vinnig terug na die hek.   Gelukkig staan dit nog oop en hy trek dit vinnig toe nadat hy veilig terug is in sy bekende omgewing.   Maar nou is hy eers deurmekaar want die mens wat hy gesien het lyk nie soos hy en Adam nie.   Die mens het velle van diere oor die lyf maar selfs met dit aan kon hy sien dat hulle lywe nie dieselfde lyk nie.   Die mens het ook lang hare gehad maar het nie hare op die gesig gehad soos die wat hy en Adam elke dag moet afkrap met die skerp yster nie.   Die snaakste was hulle lywe!   Steve moet hard probeer om nie te lag nie want die wese daarbuite lyk soos die vroutjie sjimpansee wat hy gesien het.   Die het in die mik van ‘n boom gesit en haar kleintjie het aan sulke vergroeisels op haar borskas gesuig.   Hierdie mens wat hy gesien het het ook sulke vergroeisels.

 Adam word wakker met ‘n strek van sy lenige lyf en sien Steve besig om iets te maak onder oorhangrots waar hulle gewoonlik slaap.   ‘Steve wat maak jy?’ vra hy toe hy nader stap.   Dit is vir hom snaaks dat Steve ruk soos hy skrik en iets onder die slaapmat probeer wegsteek.   ‘Wat is dit?’ vra Adam weer.   ‘Dit is niks ek sal jou wys as dit klaar is.   Is jy honger? Wil jy vinnig iets eet of gaan ons eers die koeie melk?’ rammel Steve die vrae senuweeagtig af.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s