SKINDER EN KANTOOR POLITIEK


Dit is nou dag twee dat ek terug is by die werk en alhoewel ek die werk van ‘n aap doen, is ek meer verbaas oor hoe skynheilig mense kan wees.   Is dit in die mens se natuur om te skinder?   Is ons Afrikaners net vrot tot die been en afgunstig op mekaar.   Elke dag is soos ‘n tupper partytjie, meer plastiek as die vorige een.   En as jy durf waag om iets te doen wat nie inpas by mense se siening nie dan kry jy so ‘n venneinige blik wat botter sal smelt.  

Ek weier om hierdie jaar negatief te raak of op negatiewe noot te begin so ek eksternaliseer net my gevoelens en hoop net ek projekteer nie.   Dit is seker ook lelik om te sê maar ek sien dat vroue die mees skynheiligste van almal kan wees.   Die kantoor waar ek nou werk is net vroue en hulle is net te veel vir hierdie wit vrou in ‘n afrikaland!   Fok jy moet elke halfuur eers toilet toe gaan en die messe uit jou rug trek.

Maar ek sit met die hef in die hand.   Ek het die besluit of ek my gaan stuur aan hulle of nie?!   Die een ding wat ek besef het, terwyl ek daar is (wat hopelik nie meer lank is nie) vertrou ek nie eens die cleaner wat die asblik leegmaak nie!   In die staatsdiens is dit elke wit koei vir homself.

“Melk hom maar, hierdie liter tiet het nog 2 liter oor!!!!” of hoe K.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s