MY LEWE OP VEILING


As kind was dit altyd vir my baie interressant om saam my pa na die veilings op die dorp te gaan en deur die klomp gemors te loop waarvan mense ontslae wil raak.   Alles in die lewe het mos ‘n prys, selfs ‘n wasmasjien wat nie werk nie of ‘n krat wat so styf toegemaak is niemand kan daar inloer nie.   Dit was altyd pa se gunsteling item om uit te soek en hy het al ‘n hele paar keer met dit by die huis aangekom.

Maar vir die doel van die berig verwys ek na ‘n bietjie meer stylvolle veiling soos Southebies etc.   En die mense sit mooi aangetrek met pelsjasse en Armani suits en ons die gewone ou sit agter en probeer deur die hoede voor ons sien.

Baie ordentlik en beskaaf word die item op die verhoog gebring, toegemaak onder ‘n pers satyn lappie en dan wanneer hy staande gemaak is word die lappie verwyder sodat die kunswerk of voorwerp aan die bieërs bekend gesetel word.   So het verskeie persiese matte en antieke tafels en stoele nuwe eienaars gekry.

Dan word daar weer iets op die verhoog gebring wat lyk soos ‘n skildery en toe die lappie verwyder word, slaan dit jou asem weg.   Dit is jou lewe.   Die skildery is soos ‘n filmskerm en wys kort segmente uit jou lewe.   Eers is jy vernederd en dan verbaas.   Wat is die doel van dit?

Dan begin die bieëry maar dit is maar traag in die begin omdat die beelde wat die mense sien nie prikkelend is en interessant genoeg om hul aandag te hou nie.

Maar net toe jy jou hand liggies van jou skoot af lug om self te bie kom daar ‘n stem van agter wat die hele proses versnel aangesien hy ‘n buitensporige bedrag bie.   Die ander mense besef seker dat hier waarde insteek en die koopprys styg tot verb o jou vuurmaakplek.   Selfs al verkoop jy jou huis en kar en eet net 2 minute noodles vir ‘n baie lang tyd sal jy nie daar kan bykom nie.

Eerste keer, Tweede keer, Toegestaan aand die meneer daar agter met die wit trui.   Met ‘n skok besef jy dat iemand jou lewe gekoop het en dat jy nou niks het nie.   Al die herrinneringe van goeie en slagte tye is daarmee heen.  

Die vraag is nou, Was dit die moeite werd om op jou lewe te bie?

 Is die prentjies wat jy daar gesien het die volle slotsom van jou lewe?   Al daardie dinge wat jy wou gedoen het voor jy getroud is, nadat jy getroud is en toe die kinders uit die huis uit is, het jy dit gedoen?   Het jy kaal in die hoofstraat afgehardloop as student toe jy ‘n wedenskap verloor het.   Het jy elke dag werk toe gegaan en kan met trots sê dat dit ‘n lekeer dag was.

Sou jy hierdie lewe oorkoop en weer van vooraf duer die mishandeling as kind gaan.   Die kere wat daar nie krag en water in die huis was om jou skoolklere te was nie.

Sien jy kans om miskien nie die spesiale persoon wat jy jou lewe mee wou deel te ontmoet nie en miskien iemand heeltemal anders te ontmoet?

Dit is nogal vrae wat ek myself afgevra het nadat ek die storie oor die radio gehoor het.   Sou ek bie op my lewe?   Vir lank was my antwoord teenstrydig maar aan die einde het ek besef date k miskien nie so bie nie.

As hierdie veiling in die guff gehou was en jy as siel kon kies om terug aarde toe te gaan sal jy wag tot jou lewe op veiling kom , of sal iemand anders s’n probeer?   Iemand wat nie swaarkry ken nie, wat nie hoef te worry oor geld en water en ligte nie.   Iemand wat gfelukkig getroud is met redelike aangepaste kinder swat bitjie bederf is.

Van my kollegas wou selektief net bie op sekere dele van hulle lewe, maar die game werk nie so nie.   It is all or nothing, baby!

Dit is nou die begin van 2010 en as jy wil bie op jou lewe maak seker dat dit iets die moeite werd is om op te bie.   Maak dit ‘n lewe vol liefde en vriende en betekenis.  

En die wat ‘n ander lewe soek, wees rustig en kyk die aap uit die boom.   As die regte geleentheid hom voordoen gryp die lewe aan en maak dit jou eie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s