EDEN REVISITED: ADAM AND STEVE


Die tuin van Eden is ‘n pragtige vrugbare vallei waar honeysukkel rank teen rotskranse, die katjiepiering sy soet reuk versprei in die wind en snags sing die koningin van die nag die nagtegaal haar liedjie van verlange na haar maat.

 Hier vind ons vir Adam en Steve, die eerste mense op aarde in hul hut op die strand.   Die twee is geskape in die beeld van engele en in hul harte brand net liefde vir mekaar.

 Adam is eerste geskape en het ongelukkig in ‘n diepe slaap verval as gevolg van allenheid en depressie.   Toe hy wakker word lê Steve (soos hy hom genoem het) langs hom op die grasmat.   Vir ‘n oomblik was hy skrikkerig vir hierdie mens wat langs hom lê, maar nadat sy oë oor die perfekte lyf en gesig gegaan het, het ‘n warm gevoel in sy hart ontstaan vir die mens en he thy geweet hy is nnie meer alleen.   So het hulle in mekaar se arms wakker geword en die lewe het nuut gelyk.   Alles was helderder en al die aromas van die blomme was net soveel meer intens.

 Steve die tweede mens was oningelig en Adam het hom wysgemaak wat alles is en wat hulle mag en nie mag doen nie.   Steve was egter anders as Adam en het ‘n nuuskierige geaardheid gehad wat hulle later in groot moeilikheid sou bring.  

 Vir jare het Adam en Steve regeer oor Eden en het laggend oor die gras savanna’s gehardloop en bokkies gejaag en in die aand op die strand gesit en hul kokosneute en vrugte geëet.  Hul lewens was net perfek.   Hulle het mekaar aangevul op alle vlakke en waar Adam meer logies, beredeneerd is, is Steve weer die spontane een wat uitdagings en ptret soek.   So sal dit gewoonlik Steve wee swat Adam na ‘n waterval toe sal sleep en omkoop mer soet druiwe om van die rotse na die blou poel onder te spring.   Alhoewel Adam dit nooit sou erken nie was daar eintlik nnie te veel oortuiging nodig nie en sou hy dit vir Steve net gedoen het as hy sou vra.

 Baie keer as hulle so op die strand lê en diertjies uit die wolke maak sal hul snaakse wolke sien wat nie prentjies maak nie en wat ‘n snaakse reuk het.   Adam het nie geweet wat dit is nie en dus dit afgemaak as die skepping wat nog aangaan.

 Min het die twee geweet wat op hulle wag buite die grense van die vallei van Eden.   Al die gevare en al die beproewinge.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s