THE NAKED CHICK


 

Jammer aan my bron maar ek kon dit nie oor my hart kry om te spot hiermee nie.   Dit het by my gespook vandat ek dit per epos gekry het en na aanleiding van ‘n gesprek met iemand wat met sy eie oë gesien het hoe die hoenders geslag word vir Kentucky Fried Chicken.

Hulle word deur ‘n vervoerband aan die pote gehang en deur ‘n bak water wat elektries gelaai is gesleep.   Hopelik word hulle in ‘n koma ingeskok want volgende is ‘n ry muslims met messe wat hulle kele oopsny.   Hulle gaan dan in ‘n masjien in waar hulle verveer word en dan kom daar sulke ‘armpies’ wat in hul agterkant ingaan en in een beweging hulle binnegoed uitruk!   Die gaan dan op ‘n ander vervoerband waarhulle verder krap vir wat bruikbaar is.

En die eindresultaat gaan koop jy dan by Kentucky!

Ek is nie ‘n fanatikus wat jou pelsjas met bloed sal gooi nie (ook maar net omdat ek nie iemand ken met ‘n opregte pels nie, anders sou ek miskien), en ek sal ook nie verwag dat jy ophou vleis eet nie, maar dit was vir my pretty gross gewees.

Ek eet al seker vandat ek 13 is nie meer enige rooivleis in enige vorm, hoender of vark nie, en ek lewe nog.   Die storie dat mens die beste protiene in ‘n stuk vleis kry…….stront!   Hier staan ek nog sterk oor die 20 jaar later.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s