4 JANUARIE 2010


Tik tak tik tak……..

‘Sanity is is blessing that should be cherished like gold.’

Vandag het ek ingegee en het alles te veel geraak vir my.   Ek het stelselmatig van gister af versleg en toe ek myself vang huil terwyl ek Hitched or Ditched op MNET kyk, toe weet ek iets is nie reg.    Rustige slaap was ook nie my voorland nie en ek het elke uur wakker geword, totdat ek 12 uur ‘n slaappil gevat het.   By die sekonde kon ek voel hoe ek agteruit gaan en vrees het my oorweldig dat ek weer bewusteloos neerfok.   Ek was bang ek verloor dit heeltemal!   Dit is hoe dit vir my gevoel het, asof ek besig is om mal te raak.  

My brein het afgeskakel gistermiddag en my gelos en dit voel soos ‘n ton lood wat ek moet saamdra.   Ek is rukkerig, bewerig, gedisorienteerd en in simple taal  ‘net nie myself nie’.

Toe ek wou dokter toe gaan vanoggend is hulle so vol, dat ek eers môre ‘n afspraak kan kry!    My goeie vriend en blog maat Kobus sms dat hy voor my woonstelle se hek staan en dat hy wil inkom.   Ek het hom gesms dat ek nie ok is nie en binne sekondes is hy voor my hek!  Dit beteken vir my soveel Kobus!   Niemand het nog vir my soveel omgegee nie.   Dit is vreemd en eerlik waar ek weet nie wat ek gedoen het om ‘n vriend soos jy te kry nie? 

Met die instap toe hy my vra wat is fout, crack ek in stukke soos ‘n goeie poselein koppie op sement, in duisend stukkies wat in alle rigtings spat.   Ek moes sukkel om my emosies in toom te hou en het gehuil as hy net na my kyk.

Tik tak tik tak ………

Nog ‘n dag uit die lewe van hipomaniese depressie en angs leier!!!!!

PS – Dankie dat jy my nie met simpatie behandel het nie.   Dankie dat jy hard met my gepraat het.   Dankie dat jy my vriend is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s