Ek sit in ‘n penarie. My eie onsekerheid kniehalter my.
Vir hoe lank al voel ek verkriklik eensaam, maar elke keer as ek iemand ontmoet op die internet of op ‘n chatroom en dit loop uit op ‘n ontmoeting trek ek terug. WAAROM? Ek kan dit nie verstaan nie. Dit is asof ek myself straf.
Elke Vrydag sien ek uit na ‘n lekker gin en tonic kuier aand maar as dit kom om mense oor te nooi dan doen ek niks. Dan lê ek en tv kyk en wens ek het mense gebel.
Is dit dat ek so lank single was dat ek gewoond geraak het aan alleen wees? Ek glo nie, want dan sal ek nie daarna uitgesien het om te kuier nie. HELP!!!!!!