VERLANG NA X

Buite is dit nie so koud soos hulle voorspel het nie maar nogsteeds is dit te koel om op die balkon te sit.  

Ek is die afgelope paar dae deur ‘n baie moeilike tyd en my emosies speel woer woer met my.   Dan is ek normaal maar dan dievolgende oomblik is ek so diep af in die put dat ek nie die lig kan sien nie.   Dit is regtig nie lekker om so op en af te wees nie en ek vind dat ek nie lus het vir mense om my nie.   Bewustelik isoleer ek myself van mense en dan is ek kwaad vir myself as ek alleen voel.

Om alles te kroon verlang ek na hierdie een ou wat ek leer ken het net na die opbreek van my verhouding en alhoewel hy sê dat hy en iemand nou al nege maande saam is, kry ek myself dat ek hom sms dat ek hom mis.   Die stryd van die jag na die unattainable.   Net om die rekord ook reg te stel, hy is die een wat my eerste ge sms het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s