my battery is pap

Vanoggend gaan my wekker ‘n halfuur voor ek moet begin werk eers af en met die spoed van wil lig is ek deur ’n canary dip.    Toe ek die sleutel wil draai is daar niks.   Die battery is afgeloop.    My moed sak sommer in my skoene en ek weet ek gaan nie betyds wees.   Aan die einde sms ek toe maar my bevelvoerder en sê ek het kar probleme en kan nie inkom nie.  

Dit is so half vir my ‘n slegte voorteken alhoewel ek weet ek moet nie so daaraan dink nie.  

Verder gaan dit bietjie broekskeur finansieel en emosioneel is ek af af af.   Ek het nou al alles probeer op die internet en nogsteeds kry ek nie ‘n date op die internet nie.    Miskien is ek net gedoem om alleen te wees?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s